Pages

Sunday, November 18, 2012

Osomooi Kussingtjies


Osomooi se pragtige kussingtjies het onmiddelik my oog gevang toe ek eendag op facebook rond snuffel. Ek reken dit is 'n baie spesiale manier om n babakamertjie afterond. 'n Kussingtjie of twee wat op die bed gestrooi is met jou bondeltjie liefde se naam op, of die tema van die kamer, of selfs emosies soos 'liefde' op geappliek, omskep 'n baba kamertjie in 'n hawe vir familie en samesyn.

Osomooi is gebore uit ‘n liefde vir mooi lap en spesiale mense. Eers bedoel as handgemaakte kersgeskenke vir die mense na aan haar hart, nou het dit vlerke gekry en Elnette ontwerp en maak kussings op bestelling. Jy kies die grootte, kleur en woord/motief en sy rond dit af met die sorg en detail wat dit verdien.

'Na tien jaar in bankwese het ek my hart gevolg en kuns gaan studeer by die Universiteit van Stellenbosch. Met die geboorte van my dogtertjie, Katiyain my finale jaar van studies het ek na my ontvangs van my BA in Fine Art graad in 2009 ‘n tuisbly mamma geword om na haar om te sien. Teen die einde van 2011 was ek taamlik huisgebonde. Willem, my seuntjie kind, was oppad en my kersinkopies moes plek maak vir tuisgemaakte geskenke. Ek het ‘n paar strooikussings appliek vir my familie en hulle reaksie was prysloos. Van daar het ek nog n paar kussings gemaak en ewe skielik was die wiel aan die rol. In Junie 2012 het Osomooi haar naam gekry en maak ek elke week iets nuuts vir iemand spesial.'

Osomooi vir dogtertjies is pienk, fyn en tog te oulik! Elnette gaan snuffel gereeld vir die mooiste lap wat sy haar hande op kan le en stik iets uniek aan mekaar vir spesiale klein mensies.  Dit is 'n lieflike ooievaarstee geskenk of selfs vir enige ander vertrek in die huis. Hierdie kussingtjies is nie gebonde aan die kleiner geslag nie.

Strooikussings met hul name op is 30 x 60cm groot (R175) en standaard kussingslope met name is
45 x 70cm groot (R155).rooikussings met hul name op is 30 x 60cm groot en standaard kussingslope is 45 x 70cm groot.

Vir meer inligting en bestellings, kontak:
Elnette Viljoen per epos of besoek hulle facebook blad vir die nuutste produkte





No comments:

Post a Comment