Pages

Monday, February 11, 2013

Come join us on Bloglovin'!

We have joined the Bloglovin' network recently and we absolutely love it! Such a beautiful variety of blogs from a wide spectrum of people and we are pleased to be a part of it.

<a href="http://www.bloglovin.com/blog/4775513/?claim=mjmn8dfvd98">Follow my blog with Bloglovin</a>

There are a few exciting changes in the making, so please bear with us as we reach for the stars!

Lots of love xxx
Yolandi

Monday, December 17, 2012

Transformeer al jou selfgeneemde baba fotos

Vanmore het ek op die oulikste idee afgekom vir mammas! Shots of Tots fotografie het 'n opsie waar jy jou gunsteling baba fototjies kan uitkies en vir haar stuur en dan maak sy dit mooi vir jou-op so n manier dat dit glad nie lyk asof jy dit met 'n happy-snappy geneem het nie. Sy maak gebruik van kleur korregering, sy maak hulle babavelletjies mooi sag vertoon en sy maak die beligting beter en sagter dat dit waarlik lyk asof jy iemand betaal het om fotos te kom neem!

En nog n pluspunt is dat sy sommer al daai fototjies vir jou in 'n koffietafel boek kan saamstel, 'n pragtige geskenk wat jy vir ouma en oupa kan gee vir kersfees!

Gaan loer gerus op haar webtuiste! { http://www.shots-of-tots.co.za/photo-editing }

Hieronder sal jy sommer 'n baie goeie idee kan kry van waartoe sy instaat is!



Foto wat mamma geneem het:






Foto wat Shots of Tots vir haar terug gestuur het:





Kontak haar gerus by :  tiffany@shots-of-tots.co.za


Sunday, November 18, 2012

Osomooi Kussingtjies


Osomooi se pragtige kussingtjies het onmiddelik my oog gevang toe ek eendag op facebook rond snuffel. Ek reken dit is 'n baie spesiale manier om n babakamertjie afterond. 'n Kussingtjie of twee wat op die bed gestrooi is met jou bondeltjie liefde se naam op, of die tema van die kamer, of selfs emosies soos 'liefde' op geappliek, omskep 'n baba kamertjie in 'n hawe vir familie en samesyn.

Osomooi is gebore uit ‘n liefde vir mooi lap en spesiale mense. Eers bedoel as handgemaakte kersgeskenke vir die mense na aan haar hart, nou het dit vlerke gekry en Elnette ontwerp en maak kussings op bestelling. Jy kies die grootte, kleur en woord/motief en sy rond dit af met die sorg en detail wat dit verdien.

'Na tien jaar in bankwese het ek my hart gevolg en kuns gaan studeer by die Universiteit van Stellenbosch. Met die geboorte van my dogtertjie, Katiyain my finale jaar van studies het ek na my ontvangs van my BA in Fine Art graad in 2009 ‘n tuisbly mamma geword om na haar om te sien. Teen die einde van 2011 was ek taamlik huisgebonde. Willem, my seuntjie kind, was oppad en my kersinkopies moes plek maak vir tuisgemaakte geskenke. Ek het ‘n paar strooikussings appliek vir my familie en hulle reaksie was prysloos. Van daar het ek nog n paar kussings gemaak en ewe skielik was die wiel aan die rol. In Junie 2012 het Osomooi haar naam gekry en maak ek elke week iets nuuts vir iemand spesial.'

Osomooi vir dogtertjies is pienk, fyn en tog te oulik! Elnette gaan snuffel gereeld vir die mooiste lap wat sy haar hande op kan le en stik iets uniek aan mekaar vir spesiale klein mensies.  Dit is 'n lieflike ooievaarstee geskenk of selfs vir enige ander vertrek in die huis. Hierdie kussingtjies is nie gebonde aan die kleiner geslag nie.

Strooikussings met hul name op is 30 x 60cm groot (R175) en standaard kussingslope met name is
45 x 70cm groot (R155).rooikussings met hul name op is 30 x 60cm groot en standaard kussingslope is 45 x 70cm groot.

Vir meer inligting en bestellings, kontak:
Elnette Viljoen per epos of besoek hulle facebook blad vir die nuutste produkte





Wednesday, November 7, 2012

Doen dit self kopbandjies ♥

Vandag het ons n baie oulike doen-dit-self blogpost (deur Suikerbossie gesponsor) wat jou mooi gaan wys hoe jy jou eie kopbandjies kan maak vir jou kleine meisie.

Benodighede:
-Mooi kant of enige ander lint (lengte van jou kleine meisie se kop mate minus 6cm)
-1cm-1.5cm bree rek van 6cm lank (naat toelating klaar ingesluit)
-'n Gehekelde blom
-'n knopie of ietsie oulik wat op die blom geplak kan word.
-'n Klein haarknip
-Sterk gom


Vou en werk die rek vas aan die kopband terwyl 1.5cm gebruik word as naat toelating aan beide kante. Versterk alle stiksels n hele paar keer!


Plak die knopie vas aan die gehekelde blom en plak die dan aan die knippie vas en laat oornag droog word. En dan kan jy dit as n aparte knippie gebruik of vasmaak aan die mooi kopband vir n mooie fokuspunt. En Voila! 'n Pragtige kopband vir n pragtige kleine meisie!


Sunday, November 4, 2012

Ietsie Moois


Sunet Liebenberg het haar eie dogtertjie se kamer gedoen-beddegoedjies, verf, dekor en al die ander goedjies wat deel van haar nessie vorm. Daarna op aanvraag van vriendinne het sy gehelp om hulle kindertjies se kamers ook te beplan en al die goedjies wat in hulle kamers moet kom, te maak. Sy het dus op bestelling al die goedjies gemaak.

Sy was laas week by die Wellington Huismark (waar ek op haar bitter oulike stalletjie afgekom het). Vir die markie het sy vir die eerste keer kleertjies gemaak wat nie net vir haar dogtertjie is nie. Sy print en maak als met die hand. "Ek wil glad nie op grootmaat maak nie,want ek wil die produk uniek hou, sodat die mammas wat dit koop weet daar gaan nie om elke hoek en draai kinders met dieselfde kleertjies of beddegoedjies as hul kindertjies wees nie." se sy. "En dan nou natuurlik hoop ek dat ek eendag minder bevoorregte vrouens kan op lei om naaldwerk te doen en ons sodoende vrouens in ons klein gemeenskappie kan bemagtig. Dit was eintlik nog altyd my droom en die markie was maar net n goeie motivering om te begin. Ek het al klaar een meisie begin oplei en sy geniet dit so om te help met al die goedjies maak."

"My ma was n naaldwerk onderwyseres en ek n maatskaplike werker...so dis seker maar waar alles bymekaar kom"

Haar man moedig haar aan om haar kreatiwiteit uit te leef,want dis regtig hy wat van die begin af haar aangespoor het om so iets te doen. "Hy's regtig die beste man op aarde! Hy werk dubbeld so hard net sodat ek by die huis kan bly om ons kinders groot te maak en nogsteeds tyd het om te doen waarvoor ek lief is."

Ietsie Moois se klere is sag en mooi-en regtig oulik. Met aardse en oudmodiese kleurskemas en teksture is hierdie regtig 'n moet vir elke ma wat n rapsie van vandag se oudmodiese neigings in hulle kindjie se lewe wil in bring.


Ietsie moois maak al hul kinderkleertjies en beddegoedjies self. Gaan maak 'n draai by hul winkel in Porterville by Porterville Kwekery of bestel deur facebook of e-pos.
sunetlieb@gmail.com
0834922283



Fotos van Ietsie Moois

Thursday, November 1, 2012

Kreatiewe Kopbandjies

Kindertjies met kopbandjies laat my altyd dink aan feetjies. En ek kan nog onthou hoe lief ek was vir n mooi ding om my kop in my kinderjare. 

Maar nog nooit in die verlede was kopbande so gewild soos nou nie. En die moontlikhede is eindeloos!

Kant het die wereld oorgeneem toe die oudmodiese neiging begin het. Dit kan gebruik word as die band of in die blom op die band! Of net as n mooi afwerking. Dit doen wonders as jy graag haar voorkoms wil versag.

'n Nuwer en varser neiging in kopbande is die gehekelde kopband! Nog beter sal wees om sommer vir ouma te vra om een te hekel vir julle, dis baie malik!

Daar is amper n rapsie van die sigeuner ook iewers in hierdie kopband verhaal. n Stuk afval katoen lap sal ook die ding doen. Soos onder kan jy sommer 'n vlegsel maak uit die rek-katoen. Nou kan jy sommer 'n ou T-hemp omskep in iets heeltemal anders! Hoe meer onafgewerk, hoe beter!


Fotos van Pinterest

Tuesday, October 30, 2012

Bou 'n nessie vir jou baba

Die mooiste dekor modes maak deesdae hulle rondtes in baba kamers! En as ons die nessies wil begin bou is dit goed om te weet watse mooi goed alles gedoen kan word!

Een groot mode alom is beslis die onafgewerkte voorkoms. Rou mure en materiale, na aan die natuur stukke hout of ongeskuurde sement. 'n Tiepiese woud-huisie tema wat hier ter sprake is.

Pistachio-groen is ook n groot kleur hierdie seisoen wat weer n baie vars pastel toenadering bied.

Oudmodiese marshmallow kleure en kleine meisies gaan so mooi saam. Hier is die oudmodiese lappoppe en blom-motiewe die perfekte aanvulling. Kussings met mooi knopies aangewerk, lappieskomberse en ouma se gebreide truitjies moet uit die baba kassie gehaal word. En al die houtmeubels lyk beter in wit vir die voorkoms.

Vinyl plakkers maak n groot verskyning op baba kamermure. Van bome tot blomme tot selfs hasies en eendjies. Jy kan selfs ook woorde op haar muur plak wat dalk n storie vertel of dalk net die baba se naam uitspel.

En dan is eenvoud ook nie net n neiging op die babakamer front nie, maar ook n leefstyl. Hou alles georganiseerd en netjies-alles op sy plek. En moenie vir n besige voorkoms gaan nie-die goed waarmee jy moet werk sal net wegraak en weke later onder n lappie gevind word. Hou alles wat op rakke kom tot n minimum en moenie die meubels by dosyne inlaai nie. 


Fotos van Pinterest