Pages

Sunday, November 4, 2012

Ietsie Moois


Sunet Liebenberg het haar eie dogtertjie se kamer gedoen-beddegoedjies, verf, dekor en al die ander goedjies wat deel van haar nessie vorm. Daarna op aanvraag van vriendinne het sy gehelp om hulle kindertjies se kamers ook te beplan en al die goedjies wat in hulle kamers moet kom, te maak. Sy het dus op bestelling al die goedjies gemaak.

Sy was laas week by die Wellington Huismark (waar ek op haar bitter oulike stalletjie afgekom het). Vir die markie het sy vir die eerste keer kleertjies gemaak wat nie net vir haar dogtertjie is nie. Sy print en maak als met die hand. "Ek wil glad nie op grootmaat maak nie,want ek wil die produk uniek hou, sodat die mammas wat dit koop weet daar gaan nie om elke hoek en draai kinders met dieselfde kleertjies of beddegoedjies as hul kindertjies wees nie." se sy. "En dan nou natuurlik hoop ek dat ek eendag minder bevoorregte vrouens kan op lei om naaldwerk te doen en ons sodoende vrouens in ons klein gemeenskappie kan bemagtig. Dit was eintlik nog altyd my droom en die markie was maar net n goeie motivering om te begin. Ek het al klaar een meisie begin oplei en sy geniet dit so om te help met al die goedjies maak."

"My ma was n naaldwerk onderwyseres en ek n maatskaplike werker...so dis seker maar waar alles bymekaar kom"

Haar man moedig haar aan om haar kreatiwiteit uit te leef,want dis regtig hy wat van die begin af haar aangespoor het om so iets te doen. "Hy's regtig die beste man op aarde! Hy werk dubbeld so hard net sodat ek by die huis kan bly om ons kinders groot te maak en nogsteeds tyd het om te doen waarvoor ek lief is."

Ietsie Moois se klere is sag en mooi-en regtig oulik. Met aardse en oudmodiese kleurskemas en teksture is hierdie regtig 'n moet vir elke ma wat n rapsie van vandag se oudmodiese neigings in hulle kindjie se lewe wil in bring.


Ietsie moois maak al hul kinderkleertjies en beddegoedjies self. Gaan maak 'n draai by hul winkel in Porterville by Porterville Kwekery of bestel deur facebook of e-pos.
sunetlieb@gmail.com
0834922283



Fotos van Ietsie Moois

No comments:

Post a Comment