Pages

Tuesday, October 30, 2012

Bou 'n nessie vir jou baba

Die mooiste dekor modes maak deesdae hulle rondtes in baba kamers! En as ons die nessies wil begin bou is dit goed om te weet watse mooi goed alles gedoen kan word!

Een groot mode alom is beslis die onafgewerkte voorkoms. Rou mure en materiale, na aan die natuur stukke hout of ongeskuurde sement. 'n Tiepiese woud-huisie tema wat hier ter sprake is.

Pistachio-groen is ook n groot kleur hierdie seisoen wat weer n baie vars pastel toenadering bied.

Oudmodiese marshmallow kleure en kleine meisies gaan so mooi saam. Hier is die oudmodiese lappoppe en blom-motiewe die perfekte aanvulling. Kussings met mooi knopies aangewerk, lappieskomberse en ouma se gebreide truitjies moet uit die baba kassie gehaal word. En al die houtmeubels lyk beter in wit vir die voorkoms.

Vinyl plakkers maak n groot verskyning op baba kamermure. Van bome tot blomme tot selfs hasies en eendjies. Jy kan selfs ook woorde op haar muur plak wat dalk n storie vertel of dalk net die baba se naam uitspel.

En dan is eenvoud ook nie net n neiging op die babakamer front nie, maar ook n leefstyl. Hou alles georganiseerd en netjies-alles op sy plek. En moenie vir n besige voorkoms gaan nie-die goed waarmee jy moet werk sal net wegraak en weke later onder n lappie gevind word. Hou alles wat op rakke kom tot n minimum en moenie die meubels by dosyne inlaai nie. 


Fotos van Pinterest

No comments:

Post a Comment